
SHAYAMANZI SE MISSIE Shayamanzi se missie is tweeledig van aard, naamlik: Om ’n
besigheidsanalogie met die luiperd as ’n
strategiese karakter daar te stel, sketse oor sy lewenswyse en impak
te maak, visuele materiaal te produseer en ’n dagboek te hou
ten einde ’n interessante webwerf www.shayamanzi.com te ontwikkel
en te vestig. Hierdie deel van die soektog na die besigheidstoepassings
wat daar in die gedragsekologie en veral die aanpasbaarheid van die
misterieuse luiperds van Shayamanzi opgesluit lê, sal plaasvind
onder die leiding van die bekende sakeman en die eienaar van Shayamanzi,
Mnr J Parsons. Saam met sy vrou Issie en sy kinders Bennert en Izelle
sal Jannie Parsons die kern vorm van ’n soekgroep wat ook hulle
familie, vriende, kennisse, kliënte en alle luiperdentoesiaste
sal insluit. Die uitgangspunt sal wees dat ’n lewende luiperd
op Shayamanzi en elders ’n enorme morele en finansiële bate
is. Die uiteindelike mikpunt is om die huidige persepsie onder talle
grondeienaars te verander sodat hulle ’n luiperd as ’n
gesogte bate eerder as ’n onwenslike probleemdier begin sien.
Daardeur word die luiperd die fokus en hoeksteen van die wildbedryf
eerder as die meulsteen wat dit tans nog vir baie mense is. Die uiteinde
is ’n verbeterde bewaringsstatus en verhoogde biodiversiteit. SHAYAMANZI SE VISIE |